Temba Travel

Marang Gardens Hotel - Francistown

Old Gaborone Rd. Francistown, Botswana

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BOOK NOW >>

Uitstekende bekostigbare hotel in Francistown Botswana.

Cresta Marang Hotel in Francistown, Botswana, is op die oewer van die Tati-rivier, en is ‘n sjarmante plattelandse hotel wat onder toeriste en besigheidsmense gewild is.

By Cresta Marang Hotel in Francistown, Botswana, is daar 57 lugverkoelde kamers. Alle akkommodasie (behalwe die kampplekke) is en suite en toegerus met tee/koffie-stasies en satelliet-TV  (behalwe die sakpas-kamers). ‘n Maksimum van 1 kind onder 12 kan verniet bly, indien ‘n gesinskamer beskikbaar is en hulle met hul ouers deel.

Cresta Marang Hotel word omring deur pragtige tuine wat talle voëls lok. Gaste kan die swembad (met die kroeg wat ook ligte versnaperinge aanbied) geniet, reg op die oewer van die Tati-rivier.

Die restaurant kan tot met 100 gaste huisves, en bedien ‘n buffet-ontbyt en -middagete, asook ‘n a la carte-aandete. Die interessante “Fox and Hound Cocktail Bar” is tot laat oop en bied ligte versnaperinge aan.

Cresta Marang Hotel in Francistown, Botswana, is die tuisse van 'n gewilde casino, 'n Plek wat die nuutste casino-slotmasjiene bied.

Cresta Marang Hotel is ook ‘n gewilde en goed toegeruste konferensiepunt. Legotla, die hoofkonferensiekamer, kan van 50 tot 100 gaste huisves, terwyl 5 tot 15 gaste in die raadskamer gehuisves kan word.

Alle konferensiekamers is met die nuutste in konferensietoerusting toegerus, insluitend LCD-projektor, blaaibord, video, witbord en TV. Indien jy enige ander konferensietoerusting nodig het, sal die personeel van die Cresta Marang Hotel in Francistown, Botswana, jou graag help.